Verlede week het Europese lande gestem of hulle die Lissabon Verdrag vir groter samewerking wil onderteken of nie.
Interessant om te sien dat politici oraloor maar dieselfde gedragsafwykinge openbaar-maak helse lawaai om gehoor te word , se eintlik bitter min iets wesentliks en stem uit beginsel net anders as die ander party – de duiwel daarmee oor wat die beste besluit vir selfs hulle lande se toekoms sou wees.
Om nou skielik uit die EU te klim kan lande erg skade berokken, maar ongeag dit propageer opposisie vir die vale vir ‘n “NEE” stem.
‘n Goeie beginsel bly altyd om nie negatief oor iets te wees as jou negatiwiteit nie vir jou of jou kiesers enige voordeel inhou nie-dalk iets om ook op Oudtshoorn te onthou!
‘n Ander ooreenkoms met ons eie kabinet en politici is die geweldige persoonlike luukshede en wereldse plesier wat die mense hulself toeeien en belatingbetalers se geld daarvoor vermors.Luukse hotelle,daaglikse eersteklas vlugte,motors,etes en wat ookal meer word as deel van die pakket aanvaar.
Wat my dronkslaan is die mate waartoe kiesers die goed maar gelate aanvaar-menende hoe de duiwel kan bv. Cosatu met sy missie kapitalistiese vergryp toelaat.Desondanks doen sy leiers dieselfde as die gehate kapitaliste. Dit se veel vir die intelligensie van hulle lede-hulle lawaai en skreeu in dieselfde koor maar word weereens net deur hulle leiers misbruik om persoonlike agendas en toekoms te verseker.
Ek persoonlik is “fed-up” vir politici en sal graag wil sien dat elke mens, hoe slim,dom of arm ookal vir homself ‘n opinie oor alles vorm.Dit gee hom darem dan die persoonlike rykdom van onafhanklikheid en versterk enige mens se selfbeeld-wat kan jou nou meer boost as om te kan weet en vertel dat jy nie saam met Obama,Bush,Zuma of selfs Dorflingh stem nie.